Lys van monarge van Engeland

Die aanvanklike koninklike wapen van Engeland wat in 1198 deur koning Richard die Leeuhart in gebruik geneem is.

Die volgende is ’n lys van konings van Engeland, wat van 878 tot 926 verenig is deur Alfred die Grote van Wessex en sy kleinseun Athelstan. Die vereniging met Wallis het in 1536 plaasgevind en met Skotland in 1707 om die Verenigde Koninkyk van Groot-Brittanje te vorm.

Die lys van Engelse konings begin tradisioneel in 829 met Egbert van Wessex,[1] hoewel Offa van Mercië die eerste persoon was wat skynbaar van 774 af die titel koning van Engeland gebruik het. In 825 het die Wes-Saksiese konings Kent en Sussex van Mercië afgevat en daarop het hulle al hoe meer dominant oor die ander koninkryke van Engeland geword.

Die titel koning of koningin van Engeland is nie tegnies korrek nie, maar word aanvaar vir die monarg van Engeland, Skotland en Wallis.

  1. Burke's Peerage & Gentry Geargiveer 28 Desember 2007 op Wayback Machine URL besoek op 7 September 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search